Sri Lankaanse nasionale krieketspan

Sri Lanka
Kenteken van die Sri Lankaanse nasionale krieketspan
BynaamThe Lions („die leeus“)
KonferensieSri Lanka Krieket
Personeel
ToetskapteinDhananjaya de Silva
EDI-kapteinCharith Asalanka
T20I-kapteinCharith Asalanka
AfrigterVlag van Sri Lanka Sanath Jayasuriya
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1981
Internasionale Krieketraad (IKR)
IKR-statusAssosiaatlid (1965)
Volle lid (1981)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
Toetsrang6de2de (2002)
EDI6de1ste (1996)
T20I8ste1ste (2012)
Toetswedstryde (Toetse)
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op P. Sara-ovaal, Colombo; 17–21 Februarie 1982
Laaste toetst Vlag van Australië Australië op Galle Internasionale Stadion, Galle; 6–9 Februarie 2025
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]325106/127 (32,61%)
(0 gelykop, 92 onbeslis)
Vanjaar[3]20/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
3/3 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag5de plek (in 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde (EDIs)
Eerste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Old Trafford, Manchester; 7 Junie 1975
Laaste EDIt Vlag van Australië Australië op R. Premadasa-stadion, Colombo; 14 Februarie 2025
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]932430/455 (46,13%)
(6 gelykop, 41 onbeslis)
Vanjaar[5]53/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1996)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
2 (eerste in 1979)
Beste uitslagKampioen (in 1979 en 2023)
Kampioenetrofee-verskynings8/9 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2002)
Twintig20s (T20Is)
Eerste T20It Vlag van Engeland Engeland op Rose Bowl, Southampton; 15 Junie 2006
Laaste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Saxton-ovaal, Nelson; 2 Januarie 2025
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]20390/106 (44,33%)
(5 gelykop, 2 onbeslis)
Vanjaar[7]11/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2014)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Sri Lankaanse nasionale krieketspan (Singalees: ශ්‍රී ලංකා ජාතික ක්‍රිකට් කණ්ඩායම; Tamil: இலங்கை தேசிய கிரிக்கெட் அணி), met die bynaam The Lions (Engels vir: „die leeus“), is die nasionale krieketspan wat Sri Lanka in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Sri Lanka Krieket (SLC) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die span het sy eerste internasionale krieketwedstryd in 1926/27 (as Ceylon) gespeel en in 1981 toetsstatus verkry, wat van Sri Lanka die agtste toetsland, en die derde in Asië, maak. Sri Lanka is tans (Februarie 2025) sesde op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys en agtste die Twintig20-wêreldranglys.[8][9][10]

Die Sri Lankaanse nasionale krieketspan het in die vroeë 1990’s hul grootste sukses behaal, toe hulle die 1996-krieketwêreldbeker tuis kon wen. Sedertdien het die span tot ’n krag in internasionale krieket ontwikkel. Sri Lanka het ook die eindstryde van die 2007- en 2011-toernooie gehaal, maar hulle het by albei dié toernooie as naaswenners geëindig.[11]

Sri Lanka het die krieketwêreldbekertoernooi in 1996 gewen, die Kampioenetrofee 2002-titel met Indië gedeel, is agtereenvolgende naaswenners in die krieketwêreldbekertoernooie van 2007 en 2011 en naaswenners in die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 en 2012. Die Sri Lankaanse krieketspan hou op die oomblik ’n paar wêreldrekords, insluitend die rekord vir hoogste spantotale in al drie vorms van die spel: toets-, eendag- en Twintig20-wedstryde. Vier voormalige Sri Lankaanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Die kolfwerk van Sanath Jayasuriya, Aravinda de Silva, Mahela Jayawardene en Kumar Sangakkara gerugsteun deur die boulwerk van Muttiah Muralitharan, Chaminda Vaas en Lasith Malinga, asook baie ander talentvolle spelers, ondersteun die sukses van Sri Lanka se krieket gedurende die laaste twee dekades.

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "Test matches – 2025 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "ODI matches – 2025 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "T20I matches – 2025 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 10 Februarie 2025. Besoek op 14 Februarie 2025.
  9. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Februarie 2025. Besoek op 14 Februarie 2025.
  10. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 28 Januarie 2025. Besoek op 14 Februarie 2025.
  11. (en) "Team Sri Lanka at Cricket World Cups". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2017. Besoek op 12 November 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne